Eienamwoorde (soos Leleti) benoem ’n unieke ding waarvan daar net een bestaan, en daarom kry dit ook nie die meervoudsvorm nie (bv. *Leleti·s doen goed in Afrikaans) en word dit ook nie saam met lidwoorde gebruik nie (bv. *’n Leleti doen goed in Afrikaans). Dit word gewoonlik met beginhoofletters geskryf (bv. Leleti). Neem Parys as voorbeeld. Al is dit nou Parys in Frankryk, Parys in Texas of Parys in die Vrystaat. Die feit dat daar meer as een plek met dieselfde naam is, beteken nie dat Parys ’n soortnaamwoord is, soos honde wat ’n klas items benoem wat uit klomp voorbeelde (eksemplare) bestaan nie. Die unieke lokaliteit van iedere Parys wat genoem is, dra tot hulle unieke identiteit by.
Massanaamwoorde benoem iets wat nie getel kan word nie, maar wel meer of minder kan word. Ons sê hierdie “iets” is uitsetbaar.
Omdat massanaamwoorde ’n naam gee vir iets wat uitsetbaar is, word dit ook in sy struktuur waargeneem. Op vormvlak kry dit nie meervoude nie (bv. *Hy draai die stort geleidelik kouer, totdat water·s yskoud oor hom spoel) en op sintaktiese vlak word die onbepaalde lidwoord en bepaalde hooftelwoorde nie daarmee saam gebruik nie (bv. Hy draai die stort geleidelik kouer, totdat [’n water] yskoud oor hom spoel).
Betekenisgewys benoem massanaamwoorde ook sake (net soos soortnaamwoorde) wat met ons sintuie waargeneem kan word.
Abstrakte naamwoorde verskil van die ander soorte naamwoorde, omdat dit nie ’n spesifieke vorm het nie en ook nie op ’n spesifieke manier in die sin gebruik word nie. Byvoorbeeld, sommige abstrakte naamwoorde kry meervoudsvorme (bv. Ek het sommer baie idee·s) en verkleiningsuitgange (bv. Hulle vertel jou die nuutste teorie·tjie), terwyl ander weer nié het nie (bv. vraatsug). Hierdie soort naamwoord word daarom net volgens sy betekenis verklaar: Dit benoem iets wat in die verstand van die spreker/skrywer of hoorder/leser bestaan, en nie deur middel van ons sintuie verken kan word nie. Kyk die video vir nog voorbeelde!
Versamelnaamwoorde staan vóór ’n ander naamwoord (veral ’n soortnaamwoord), byvoorbeeld ’n Groot trop varke het op die berg gewei. Hier baken die versamelnaamwoord trop die soortnaamwoord varke af, want dit wys vir ons dat die vet soogdiere met kort pote, geteel vir hul vleis en spek, waarna die woord varke verwys, in ’n groep voorkom. Aangesien trop nie vas aan varke geskryf word nie, kan ons die verkleiningsvorm of meervoudsvorm daarvoor gee (bv. Die tropp·ie/tropp·e varke staan in ’n groep) of dit saam met ander woordsoorte gebruik. Kyk maar na die voorbeeld [’n Groot trop] varke het op die berg gewei, waar die versamelnaamwoord saam met die onbepaalde lidwoord en ’n adjektief (ook bekend as ’n byvoeglike naamwoord) gebruik word.
Maatnaamwoorde staan vóór ’n ander naamwoord (veral ’n massanaamwoord), byvoorbeeld Bennie dra ’n groot emmer water. Hier baken die maatnaamwoord emmer die massanaamwoord water af, want dit wys vir ons dat die fisiese water, benoem deur die massanaamwoord water, ’n ongespesifiseerde hoeveelheid is. Maar die maatnaamwoord gee ook ’n duidelike vorm en buitelyn vir die water: Ons kan sien die water kom in ’n emmer voor. Die maatnaamwoord kan ook ’n sekere volume (bv. drie liter water), mate (bv. twee meter materiaal) of massa (bv. vyf gram sout) uitdruk. Aangesien die maatnaamwoord los van die volgende naamwoord geskryf word, kan ons die verkleiningsvorm of die meervoudsvorm daarvoor gee (bv. emmertjie·s/emmer·s water) of dit saam met ander woordsoorte gebruik (bv. Bennie dra [’n groot emmer] water). Sien jy dat ’n en groot eintlik hier saam met emmer (nie water nie) gebruik word?
Dit gee ’n naam vir iets wat telbaar (repliseerbaar) is, met ander woorde ’n saak wat uit ’n klomp voorbeelde/tipes bestaan en daarom twee of meer kan word. Omdat dit ’n naam vir iets telbaars gee, sien ons dit in die struktuur van die soortnaamwoord. Dit kan vormlik meervoude kry (bv. hond·e), en sintakties selfs saam met die onbepaalde lidwoord (bv. ’n hond) of bepaalde hooftelwoorde (bv. ses honde) gebruik word. Dit wat deur soortnaamwoorde benoem word, kan met ons sintuie waargeneem word. Ons kan sê: Die hond ruik na grond en gras.
Naamwoorde
Nadine Fouché
Created on June 9, 2025
Start designing with a free template
Discover more than 1500 professional designs like these:
View
Momentum: Employee Introduction Presentation
View
Momentum: First Operational Steps
View
Video: Responsible Use of Social Media and Internet
View
Microlearning: Enhance Your Wellness and Reduce Stress
View
Momentum: Tools Tutorial
View
Momentum: Onboarding Video
View
Microlearning: Teaching Innovation with AI
Explore all templates
Transcript
Eienamwoorde (soos Leleti) benoem ’n unieke ding waarvan daar net een bestaan, en daarom kry dit ook nie die meervoudsvorm nie (bv. *Leleti·s doen goed in Afrikaans) en word dit ook nie saam met lidwoorde gebruik nie (bv. *’n Leleti doen goed in Afrikaans). Dit word gewoonlik met beginhoofletters geskryf (bv. Leleti). Neem Parys as voorbeeld. Al is dit nou Parys in Frankryk, Parys in Texas of Parys in die Vrystaat. Die feit dat daar meer as een plek met dieselfde naam is, beteken nie dat Parys ’n soortnaamwoord is, soos honde wat ’n klas items benoem wat uit klomp voorbeelde (eksemplare) bestaan nie. Die unieke lokaliteit van iedere Parys wat genoem is, dra tot hulle unieke identiteit by.
Massanaamwoorde benoem iets wat nie getel kan word nie, maar wel meer of minder kan word. Ons sê hierdie “iets” is uitsetbaar. Omdat massanaamwoorde ’n naam gee vir iets wat uitsetbaar is, word dit ook in sy struktuur waargeneem. Op vormvlak kry dit nie meervoude nie (bv. *Hy draai die stort geleidelik kouer, totdat water·s yskoud oor hom spoel) en op sintaktiese vlak word die onbepaalde lidwoord en bepaalde hooftelwoorde nie daarmee saam gebruik nie (bv. Hy draai die stort geleidelik kouer, totdat [’n water] yskoud oor hom spoel). Betekenisgewys benoem massanaamwoorde ook sake (net soos soortnaamwoorde) wat met ons sintuie waargeneem kan word.