Want to create interactive content? It’s easy in Genially!

Get started free

Verslag

esmarie

Created on May 13, 2021

Start designing with a free template

Discover more than 1500 professional designs like these:

Transcript

Verslag

’n Verslag is die bevindings van versamelde inligting of ’n navorsingsprojek of gebeurtenis. Dit is ’n dokument wat oor die vordering van ’n gebeurtenis of bepaalde werk verslag lewer.

Informele / kort verslag:

 Gee aan die verslag ’n interessante opskrif (kop).  Skryf ’n bondige, interessante inleiding wat die doel van die verslag weergee.  Verskaf kortliks inligting oor die vrae : Wie?, Wat?, Waar? en Wanneer? Die vrae kan subopskrifte wees.  Brei uit op die vrae in die volgende paragrawe.  Skryf ’n treffende slot wat alles saamvat.  Taal, register en styl moet by die informele verslag pas.  Visuele materiaal kan ingesluit word om die verslag interessant te maak.

Wenke

 ’n Informele verslag handel oor byvoorbeeld ’n sporttoer / klasuitstappie / matriekafskeid.  Dit is ’n presiese weergawe van die gebeure.  Paragrawe moet volgens die logiese verloop van die gebeure wees.  Dit is kort en bondig.  Bywoorde en byvoeglike naamwoorde kan gebruik word om die verslag interessant te maak en om te beskryf.