Want to create interactive content? It’s easy in Genially!

Get started free

Storietyd "Dit is ek"

wihanli.lindeque

Created on May 5, 2021

Start designing with a free template

Discover more than 1500 professional designs like these:

Animated Chalkboard Presentation

Genial Storytale Presentation

Blackboard Presentation

Psychedelic Presentation

Chalkboard Presentation

Witchcraft Presentation

Sketchbook Presentation

Transcript

Storietyd

Dit is ek

Graad 4

Kom ons leer

Goeie dag leerlinge, vandag gaan ons oor die storie “Dit is ek” leer.

Jou opdragte vir hierdie les is as volg:

  1. Lees die storie.
  2. Beantwoord vrae oor die storie.
  3. Plaas sinne in die regte volgorde.

Kliek hier!

Subtitle here

Lees die woorde by die prentjies.

Sinoniem... 'n woord of frase wat presies of byna dieselfde beteken as 'n ander woord of frase in dieselfde taal

'n Ander woord (sinoniem) vir maats is vriende.

Lees nou die storie.

Lottie se wens

Daar was eenmaal 'n dogtertjie. Haar naam was Lottie. Lottie het nie van haarself gehou nie. Sy hou nie van haar swart krulhare nie. Sy hou nie van haar bruin oë nie. Sy wens sy kan anders lyk.

Op 'n dag gaan stap Lottie in die park. 'n Pragtige wit duif kom sit op haar skouer en sê: "Jy kan enige wens wens, dit sal vir een dag waar word. Daarna kan jy besluit of dit vir ewig waar moet bly."

Lottie is so bly! Sy sê vir die duif: "Liewe Duif, ek wil graag lang, blonde hare en blou oë hê!" Die volgende oomblik lyk Lottie anders: sy het nou lang, blonde hare en blou oë.

Sy gaan na haar maats toe om met hulle in die park te speel. Maar niemand ken haar nie. Haar maats groet haar nie. Niemand speel met haar nie.

Sy kyk in die dam se water en sien haarself. Sy skrik. "Ek hou nie van my lang, blonde hare nie. Ek hou nie van my blou oë nie. Ek lyk nie meer soos Lottie nie," sê Lottie ongelukkig.

Die wit duif kom sit weer op haar skouer en sê: "VVil jy hê jou wens moet waar bly, Lottie?" "0, liewe wit duif, nee dankie! Ek wil weer kort, swart krulhare hê. Ek wil weer bruin oë hê. Ek wil weer die ou Lottie wees. Dan sal ek gelukkig wees," sê Lottie.

Sjoep! Daar lyk die dogtertjie weer soos die ou Lottie. Sy het nooit weer gewens dat sy anders moet lyk nie.

Vandag het ons 'n baie belangrike les geleer in die storie "Dit is ek." Wat het jy geleer van hierdie storie?

Lottie was nie gelukkig met hoe sy lyk nie. Sy het gedink sy sal meer gelukkig wees as sy anders was. Sy moes eers beleef hoe dit voel om anders te wees om te waardeer wat sy eintlik gehad het. Baie van ons wens so gereeld dat ons anders lyk of dat ons ander se goed het, maar ons besef nie hoe geseënd ons is om te wees wie ons is nie. Ons moet leer om onself te aanvaar vir wie ons is.

Vraetyd: Hoe goed verstaan jy die storie?

Voltooi die toets

100%

Dankie!

Einde